11 Bewe, geruste vroue! Wees bekommerd, selfvoldane dogters! Trek julle klere uit en trek rougewade om julle heupe.
12 Slaan op julle borste oor die aangename velde, oor die vrugbare wingerde,
13 vir die land van My volk, waar dorings en distels sal opkom; ja, vir al die vreugdevolle huise en die uitgelate stad,
14 want die paleis is verlate, die bevolkte stad is in die steek gelaat; die heuwel en die wagtoring het grotte geword vir ewig, ’n vreugde vir die wilde-donkies, ’n weiveld vir troppe vee.
15 Wanneer die Gees oor ons uitgegiet word vanuit die hoogte en die wildernis ’n vrugbare veld word en die vrugbare veld as ’n woud gereken word,
16 dan sal regverdige oordeel in die wildernis bly en onpartydige opregtheid in die vrugbare veld.Ya’a 3:18
17 Die werke van onpartydige opregtheid sal vrede wees en die diens van onpartydige opregtheid, rustigheid en veiligheid vir ewig.