3 Dan sal die oë van die wat sien nie meer verblind wees nie en die ore van die wat luister, sal hoor.
4 Die verstand van die onverstandiges sal die waarheid onderskei en die tong van die hakkelaars sal gou wees om duidelik te praat.
5 Die dwaas sal nie meer edel genoem word nie, of die skurk van gepraat word as verlosser nie,
6 want ’n dwaas praat onsin en sy verstand, wil en emosie neig na wetteloosheid: om boosheid te doen en leuens teen יהוה te praat; om die honger persoon onversadig te hou en drinkgoed terug te hou van hulle wat dors is.
7 Die skurk se wapens is wetteloosheid; hy beraam bose planne om die geteisterdes te vernietig met leuens, alhoewel die getuienis van die behoeftige reg is,
8 maar die edele beraam groot planne en hy sal op sy grootheid staan.
9 Staan op, geruste vroue, hoor my stem! Selfvoldane dogters, luister na my boodskap!