10 “Nou sal Ek opstaan,” sê יהוה, “nou sal Ek verhoog word, nou sal Ek opgelig word.
11 Julle het bevrug geraak van strooi, julle sal geboorte gee aan stoppels; My asem sal julle verteer soos ’n vuur.
12 Die volke sal verbrand word tot kalk, soos afgekapte dorings wat in die vuur verbrand word.
13 Julle wat ver weg is, hoor wat Ek gedoen het en julle wat naby is, erken My mag!”Heb 12:29 Wie van ons kan leef met voortdurende gebrand?”
14 Die sondaars in Tziyon is vreesbevange; bewing het die wettelose aangegryp. “Wie van ons kan leef met die verterende vuur?
15 Hy wat in onpartydige opregtheid loop en met openhartigheid praat; hy wat onregverdige wins verwerp en sy hande skud sodat hulle geen omkoopgeskenk vashou nie; hy wat sy oor toestop om nie van bloedvergieting te hoor nie en sy oë toemaak om nie na boosheid te kyk nie;
16 hy sal op die hoogtes woon, sy skuiling sal die ondeurdringbare Rots wees; sy brood sal vir hom gegee word, sy water sal seker wees.