12 Sy edeles, daar sal niemand wees wat hulle as koning kan verklaar nie en al sy prinse sal niks wees nie.
13 Dorings sal in sy versterkte torings opkom, brandnetels en distels in sy versterkte stede; dit sal ’n lêplek vir jakkalse, ’n blyplek vir volstruise wees.
14 Die woestyn gediertes sal die wolwe ontmoet; die wolhaar bok sal ook na sy soort roep; ja, die nagmonster sal daar bly en vir haarself ’n rusplek vind.
15 Die groot uil sal haar nes daar maak, eiers lê, uitbroei en onder haar skaduwee bymekaarmaak. Ja, die aasvoëls sal daar bymekaarkom, elkeen met haar maat.
16 Soek in die boek van יהוה en lees: nie een van hierdie sal ontbreek nie; nie een sal sy maat soek nie, want Sy mond het beveel en Sy Gees het hulle bymekaargebring.
17 Hy het vir hulle die lot gewerp en Sy hand het dit vir hulle met die maatlyn verdeel. Hulle sal dit vir ewig besit, van geslag tot geslag sal hulle daarin woon.