4 Al die leërskare van die hemel sal wegkwyn en die hemel sal opgerol word soos ’n boekrol en al sy leërskares sal ook verwelk soos ’n blaar van die wingerdstok verwelk of soos een wat van die vyeboom af afval,
5 want My swaard is versadig in die hemel; let op, dit sal afkom op Edom vir oordeel en op die volk wat Ek uitgesonder het vir vernietiging.
6 Die swaard van יהוה is vol bloed, dit is deurdrenk van vet, met die bloed van lammers en bokke, van die niervet van ramme, want יהוה het ’n offer in Botzrah en ’n groot slagting in die land van Edom geoffer.
7 Wilde bulle (Aurogs) sal saam met hulle val en die jong bulle saam met die sterkes; so sal hulle land deurdrenk word met bloed en hulle stof olierig word met vet,
8 want יהוה het ’n dag van wraak, ’n jaar van vergelding vir die regsaak van Tziyon.
9 Sy strome sal in pik verander word, sy los grond in swawelvuur en sy land sal brandende pik word.
10 Dit sal nie snags of oordag uitgeblus word nie; die rook sal vir ewig opgaan. Van geslag tot geslag lê dit verlate; vir ewig en ewig sal niemand daar deurgaan nie,