7 Wilde bulle (Aurogs) sal saam met hulle val en die jong bulle saam met die sterkes; so sal hulle land deurdrenk word met bloed en hulle stof olierig word met vet,
8 want יהוה het ’n dag van wraak, ’n jaar van vergelding vir die regsaak van Tziyon.
9 Sy strome sal in pik verander word, sy los grond in swawelvuur en sy land sal brandende pik word.
10 Dit sal nie snags of oordag uitgeblus word nie; die rook sal vir ewig opgaan. Van geslag tot geslag lê dit verlate; vir ewig en ewig sal niemand daar deurgaan nie,
11 maar pelikane en uile sal dit besit en kraaie en volstruise sal daarin bly en Hy sal die maatband van die swaard daaroor uitstrek en daar sal geen vreugde wees nie.
12 Sy edeles, daar sal niemand wees wat hulle as koning kan verklaar nie en al sy prinse sal niks wees nie.
13 Dorings sal in sy versterkte torings opkom, brandnetels en distels in sy versterkte stede; dit sal ’n lêplek vir jakkalse, ’n blyplek vir volstruise wees.