7 Die verskroeide land sal ’n waterpoel word en die dorsland, fonteine van water; in die gate van jakkalse, hulle rusplek, is gras, riete en biesies.
8 Dáár sal ’n hoofweg wees, ’n pad, wat ‘die hoofweg van Afgesonderdheid’ genoem sal word. Die onreine sal nie daarop reis nie, maar dit sal vir húlle wees wat op daardie pad loop en die dwase sal nie daarop rondloop nie.
9 Dáár sal geen leeu wees nie en geen gevaarlike dier sal daarop kom nie. Hierdie sal nie daar gekry word nie, maar die vrygekooptes sal daarop loop
10 en die losgekooptes van יהוה sal teruggaan en na Tziyon kom met uitroepe van blydskap, met ewige vreugde op hulle koppe. Hulle sal vreugde en blydskap vind en droefheid en sugtinge sal wegvlug.2 Kon 18:13