1 In die veertiende jaar van koning Hizkiyahu het Sangeriv, koning van Ashur, opgetrek teen al die versterkte stede van Y’hudah en hulle verower.
2 Die koning van Ashur het vir Rav-Shakeh vanaf Lakhish na Yerushalayim gestuur, na koning Hizkiyahu, met ’n groot leër en hy het gaan staan by die watervoor van die boonste poel, op die hoofpad van die wasser se veld.
3 Toe het Elyakim, die seun van Hilkiyahu, wat oor die huishouding was, Shevnah, die skrywer en Yo’ag, die seun van Asaf, die griffier, na hom toe uitgekom.
4 Toe sê Rav-Shakeh vir hulle: “Sê nou vir Hizkiyahu: ‘So sê die groot koning, die koning van Ashur: “Wat is hierdie selfvertroue wat jy het?
5 Ek sê: ‘Jou raad en krag vir die oorlog is net leë woorde.’ Op wie vertrou jy dat jy teen my rebelleer het?
6 Let op, jy vertrou op die staf van die geknakte riet, op Mitzrayim, wat, as iemand daarop leun, in sy hand sal ingaan en dit deurboor; so is Farao, koning van Mitzrayim, vir almal wat op hom vertrou.