10 Het ek nou sonder יהוה se goedkeuring teen hierdie land opgetrek om dit te verwoes? יהוה het vir my gesê: ‘Trek op teen hierdie land en verwoes dit.’””
11 Toe sê Elyakim, Shevnah en Yo’ag vir Rav-Shakeh: “Praat nou met u diensknegte in Aramees, want ons verstaan dit en moenie met ons in Hebreeus praat voor die ore van die manskappe wat op die muur is nie.”
12 Rav-Shakeh het egter gesê: “Het my meester my slegs na jou meester en na julle toe gestuur om hierdie woorde te sê en nie na die manne wat op die muur sit, wat hulle eie drek sal eet en hul eie urine sal drink, saam met julle nie?”
13 Toe gaan Rav-Shakeh staan en roep hardop in Hebreeus uit en sê: “Hoor die woorde van die groot koning, die koning van Ashur!
14 So sê die koning: ‘Moenie dat Hizkiyahu julle bedrieg nie, want hy sal julle nie kan red nie;
15 moet ook nie dat Hizkiyahu julle op יהוה laat vertrou deur te sê: “יהוה sal ons sekerlik bevry nie; hierdie stad sal nie in die hand van die koning van Ashur oorgegee word nie.’”
16 Luister nie na Hizkiyahu nie, want so sê die koning van Ashur: ‘Maak vrede met my en kom uit na my toe en eet elkeen van sy wingerdstok en elkeen van sy vyeboom en drink elkeen die water van sy eie put