12 Rav-Shakeh het egter gesê: “Het my meester my slegs na jou meester en na julle toe gestuur om hierdie woorde te sê en nie na die manne wat op die muur sit, wat hulle eie drek sal eet en hul eie urine sal drink, saam met julle nie?”
13 Toe gaan Rav-Shakeh staan en roep hardop in Hebreeus uit en sê: “Hoor die woorde van die groot koning, die koning van Ashur!
14 So sê die koning: ‘Moenie dat Hizkiyahu julle bedrieg nie, want hy sal julle nie kan red nie;
15 moet ook nie dat Hizkiyahu julle op יהוה laat vertrou deur te sê: “יהוה sal ons sekerlik bevry nie; hierdie stad sal nie in die hand van die koning van Ashur oorgegee word nie.’”
16 Luister nie na Hizkiyahu nie, want so sê die koning van Ashur: ‘Maak vrede met my en kom uit na my toe en eet elkeen van sy wingerdstok en elkeen van sy vyeboom en drink elkeen die water van sy eie put
17 totdat ek kom en julle wegvat na ’n land soos julle eie land, ’n land van graan en nuwe wyn, ’n land van brood en wingerde.
18 Moenie dat Hizkiyahu julle mislei deur te sê: “יהוה sal ons bevry,” nie. Het enige van die gode van die nasies hulle land bevry uit die hand van die koning van Ashur?