18 Moenie dat Hizkiyahu julle mislei deur te sê: “יהוה sal ons bevry,” nie. Het enige van die gode van die nasies hulle land bevry uit die hand van die koning van Ashur?
19 Waar is die gode van Hamat en Arpad? Waar is die gode van S’farvayim? Wanneer het hulle Shomron uit my hand bevry?
20 Wie is daar onder al die gode van hierdie lande wat hulle land bevry het uit my hand dat יהוה Yerushalayim uit my hand sou bevry?’”
21 Hulle het egter stilgebly en hom niks geantwoord nie, want die koning se opdrag was: “Moet hom nie antwoord nie.”
22 Toe het Elyakim, die seun van Hilkiyahu, wat oor die huishouding was, Shevnah, die skrywer en Yo’ag, die seun van Asaf, die graffier, met geskeurde klere by Hizkiyahu gekom en hom die woorde van Rav-Shakeh vertel.