1 Toe koning Hizkiyahu dit hoor, het hy sy klere geskeur, hom met ’n roukleed bedek en in die huis van יהוה ingegaan.
2 Toe stuur hy vir Elyakim, wat oor die huishouding was, Shevnah, die skrywer, en die oudstes van die priesters, met rouklere bedek, na Yesha’yahu die profeet, die seun van Amotz.
3 Hulle sê vir hom: “So sê Hizkiyahu: ‘Hierdie dag is ’n dag van benoudheid, bestraffing en verwerping, want die kinders het tot by geboorte gekom en daar is geen krag om geboorte te gee nie.
4 Miskien sal יהוה, u God, die woorde van Rav-Shakeh hoor wat sy meester, die koning van Ashur, gestuur het om die Lewende God te onteer en die woorde wat יהוה, u God, gehoor het, bestraf; daarom, offer ’n gebed vir die wat oorgebly het.’”
5 Die diensknegte van koning Hizkiyahu het by Yesha’yahu gekom.