21 Toe stuur Yesha’yahu, die seun van Amotz, woord vir Hizkiyahu en sê: “So sê יהוה, die God van Yisra’el: ‘Omdat jy tot My gebid het aangaande Sangeriv, koning van Ashur,
22 is hierdie die woord wat יהוה teen hom uitgespreek het: “Sy het jou verag en met jou gespot, die maagdelike dogter van Tziyon; sy het haar kop agter jou geskud, die dogter van Yerushalayim!
23 Wie het jy onteer en sleg van gepraat? Teen wie het jy jou stem verhef en jou oë hoogmoedig opgelig? Teen die Afgesonderde Een van Yisra’el!
24 Deur jou diensknegte het jy יהוה onteer en jy het gesê: “Met my menigte strydwaens het ek gekom tot by die hoogtes van die berge, tot by die afgesonderdste dele van L’vanon en ek kap sy hoë seders af, die keur van sy sipresse en ek sal na sy hoogste pieke gaan, sy digste woud.
25 Ék het gegrawe en water gedrink en met die sool van my voete al die strome van Mitzrayim laat opdroog.”
26 Het jy nie gehoor nie? Ek het dit lank terug gedoen, van die oudste tye af het Ek dit beplan en nou het Ek dit laat gebeur dat jy versterkte stede tot puinhope sal verander.
27 Hulle inwoners was swak, hulle is ontsteld en verslane; hulle was soos plante van die veld en soos groen kruie, soos gras op die dakke, sagte grashalms, verskroei voordat dit volgroei is,