1 In daardie dae het Hizkiyahu dodelik siek geword en Yesha’yahu, die profeet, die seun van Amotz, het by hom gekom en vir hom gesê: “So sê יהוה: “Kry u huis in orde, want u sal sterf en nie lewe nie.”
2 Toe draai Hizkiyahu sy gesig na die muur en bid tot יהוה,
3 en het gesê: “Onthou nou, o יהוה, ek smeek U, hoe ek voor U in waarheid en met ’n volkome verstand, wil en emosie geloop het en gedoen het wat goed is in U oë.” Hizkiyahu het bitterlik gehuil.
4 Toe het die woord van יהוה tot Yesha’yahu gekom en gesê:
5 “Gaan sê vir Hizkiyahu: ‘So sê יהוה, die God van jou vader Dawid: “Ek het jou gebed gehoor, Ek het jou trane gesien; let op, Ek sal vyftien jaar by jou lewe byvoeg.
6 Ek sal jou en hierdie stad uit die hand van die koning van Ashur bevry en Ek sal hierdie stad verdedig.’”