13 Ek het myself in toom gehou tot die oggend. Soos ’n leeu, só breek Hy al my bene; vanaf oggend tot aand het U my oorgegee aan my lot.
14 Soos ’n swaweltjie tjirp, so het ek gebabbel; ek het gekla soos ’n duif; my oë het dof na die hoogtes gekyk: o יהוה, bevry my en vertroos my!
15 Wat sal ek sê? Want Hy het met my gepraat en Hyself het dit gedoen; Ek sal al my jare ronddwaal as gevolg van die bitterheid van my lewe.
16 O יהוה, deur hierdie dinge leef die mens en in dit alles is die lewe van my gees; herstel my tot gesondheid en laat my lewe!
17 Let op, ek het groot bitterheid gehad vir my eie welsyn, maar U was tevrede met my lewe en het dit weggehou van die put van vernietiging, want U het al my sondes agter U rug gegooi,
18 want Sh’ol kan U nie bedank nie, die dood kan U nie prys nie; die wat afgaan in die put kan nie hoop op U getrouheid nie.
19 Dit is die lewende wat aan U dank bring, soos ek vandag doen; ’n vader vertel sy seun van U vertrouenswaardigheid.