3 Dit sal gebeur dat hy wat in Tziyon oor is en agterbly in Yerushalayim, afgesonderd genoem sal word; elkeen wat opgeteken is en lewe in Yerushalayim.
4 Wanneer יהוה die vuilheid van die dogters van Tziyon afgewas en die bloedvergieting van Yerushalayim uit haar uitgespoel het, deur die Gees van oordeel en die Gees van suiwering,
5 dan sal יהוה oor die hele area van die berg Tziyon en oor haar bymekaarkomplekke bedags ’n wolk en rook skep en die helderheid van ’n brandende vuur in die nag, want die grootsheid van יהוה sal ’n beskutting oor alles wees.
6 Daar sal ’n bedekking wees om skadu bedags te gee teen die hitte en vir ’n skuilplek en beskerming teen die storm en die reën.