1 “Troos, troos My volk,” sê julle God.
2 “Praat sag met Yerushalayim en roep uit na haar dat haar oorlog verby is, dat haar oortreding verwyder is en dat sy uit die hand van יהוה dubbel ontvang het vir al haar sondes.”Mal 3:1; Mat 3:3; Mar 1:3; Luk 1:76; Luk 3:4; Yog 1:23
3 ’n Stem roep uit: “Berei die pad voor vir יהוה in die wildernis; maak die pad gelyk in die woestyn, ’n grootpad vir ons God!
4 Laat elke vallei opgevul en elke berg en heuwel laag gemaak word en laat die steil grond ’n vlakte word en die rotsagtige plekke ’n breë vallei.