26 Lig julle oë op na bo en sien Wie hierdie dinge geskep het? Die Een wat hulle leërskare uitlei volgens getal, Hy roep hulle almal by die naam, as gevolg van die grootheid van Sy mag en die sterkte van Sy krag is daar nie een van hulle weg nie.
27 Waarom sê jy dan, o Ya’akov en stel jy dit o Yisra’el: “My pad is vir יהוה verborge en die reg wat my toekom gaan ongemerk by my God verby?”
28 Weet jy dit nie? Het jy dit nie gehoor nie? Die Ewige God, יהוה, die Skepper van die eindes van die aarde word nie moeg of vermoeid nie; Sy insig is onbepaalbaar.
29 Hy gee krag aan die vermoeide en vermenigvuldig krag vir hom wat geen krag het nie.
30 Alhoewel jonges moeg en vermoeid word en fikse jongmanne sleg struikel,
31 tog sal die wat op יהוה wag, hulle krag hernu; hulle sal opvaar met vlerke soos arende; hulle sal hardloop en nie moeg word nie, hulle sal loop en nie vermoeid word nie.