3 ’n Stem roep uit: “Berei die pad voor vir יהוה in die wildernis; maak die pad gelyk in die woestyn, ’n grootpad vir ons God!
4 Laat elke vallei opgevul en elke berg en heuwel laag gemaak word en laat die steil grond ’n vlakte word en die rotsagtige plekke ’n breë vallei.
5 Dan sal die lof, eer en aanbidding van יהוה openbaar word en alle vlees sal saam sien, want die mond van יהוה het gepraat.”
6 ’n Stem sê: “Roep uit!” Toe antwoord hy: “Wat moet ek uitroep?” “Alle vlees is gras en al sy mooiheid soos die blom van die veld.
7 Die gras verdor, die blom verwelk wanneer die asem van יהוה daaroor blaas. Sekerlik is die mense gras!1 Kef 1:25
8 Die gras verdor, die blom verwelk, maar die boodskap van ons God staan vir ewig.”
9 Kry jouself bo-op ’n hoë berg, O Tziyon, verkondiger van goeie nuus; verhef jou stem met mag, O Yerushalayim, verkondiger van goeie nuus, hef jou stem op met mag; lig dit op, moenie vrees nie! Sê vir die stede van Y’hudah: “Hier is julle God!”