5 Dan sal die lof, eer en aanbidding van יהוה openbaar word en alle vlees sal saam sien, want die mond van יהוה het gepraat.”
6 ’n Stem sê: “Roep uit!” Toe antwoord hy: “Wat moet ek uitroep?” “Alle vlees is gras en al sy mooiheid soos die blom van die veld.
7 Die gras verdor, die blom verwelk wanneer die asem van יהוה daaroor blaas. Sekerlik is die mense gras!1 Kef 1:25
8 Die gras verdor, die blom verwelk, maar die boodskap van ons God staan vir ewig.”
9 Kry jouself bo-op ’n hoë berg, O Tziyon, verkondiger van goeie nuus; verhef jou stem met mag, O Yerushalayim, verkondiger van goeie nuus, hef jou stem op met mag; lig dit op, moenie vrees nie! Sê vir die stede van Y’hudah: “Hier is julle God!”
10 Let op, die Meester, יהוה, sal kom met krag, Sy arm met mag. Let op, Sy loon is by Hom en Sy beloning is voor Hom.
11 Hy sal Sy kudde versorg soos ’n herder; Hy sal die lammers in Sy arms bymekaarmaak en aan Sy bors dra; die lammerooie sal Hy saggies lei.