16 Jy sal hulle uitwan en die wind sal hulle wegdra en die storm sal hulle verstrooi, maar jy sal in die rondte swaai van vreugde in יהוה, jy sal roem en eer in die Afgesonderde Een van Yisra’el.
17 Die geteisterdes en behoeftiges soek water, maar daar is niks nie en hulle tong verskroei van dors; Ek, יהוה, sal hulle self antwoord; as die God van Yisra’el, sal Ek hulle nie in die steek laat nie.
18 Ek sal riviere op die kaal heuwels oopmaak en fonteine in die valleie; Ek sal die wildernis ’n poel van water maak en die droë land fonteine van water.
19 Ek sal die seder in die wildernis sit, die akasia en die mirt en die olyfboom; Ek sal die jenewerboom in die woestyn plant saam met die palmhoutboom en die sipres
20 sodat hulle kan sien en herken, oorweeg en insig kry dat die hand van יהוה dit gedoen het en die Afgesonderde Een van Yisra’el dit geskep het.
21 “Stel julle saak,” sê יהוה; “bring julle sterk argumente vorentoe,” sê die Koning van Ya’akov.
22 “Laat hulle dit bring en aan Ons verklaar wat gaan gebeur; wat die vorige betref, verklaar wat hulle was sodat Ons dit kan oorweeg en weet wat gaan gebeur, of kondig aan wat gaan gebeur;