7 So het die ambagsman die smelter versterk, hy wat met die hamer plat slaan, hy wat op die aambeeld slaan terwyl hy van die soldering sê: “Dit is goed!” Hy maak dit met spykers vas sodat dit nie beweeg nie.
8 “Maar jy, Yisra’el, My dienskneg, Ya’akov, wat Ek gekies het, nageslag van Avraham, My vriend,
9 jy, wat Ek gevat het van die eindes van die aarde af en van sy verste dele geroep het en vir jou gesê het: ‘Jy is My dienskneg; Ek het jou gekies en jou nie verwerp nie;
10 moenie vrees nie, want Ek is by jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek sal jou versterk, sekerlik sal Ek jou help en jou ondersteun met My regverdige regterhand.’
11 Let op, almal wat kwaad is vir jou sal beskaamd staan en onteer word; hulle wat jou teëstaan sal soos niks wees en vergaan.
12 Jy sal hulle wat met jou stry soek, maar hulle nie kry nie, die wat teen jou oorlog voer sal wees soos niks en wat nie bestaan nie,
13 want Ek is יהוה, jou God, wat jou regterhand ophou, wat vir jou sê: ‘Moenie vrees nie, Ek sal jou help.’