7 om blinde oë oop te maak; om gevangenes uit die kerker uit te bring en die wat in duisternis leef uit die tronk.
8 Ek is יהוה, dit is My Naam (Karakter en Outoriteit); Ek sal nie My eer aan ’n ander gee, of My lofprysing aan gesnede beelde nie.
9 Let op, die vorige dinge het gebeur, nou verklaar Ek nuwe dinge; voordat hulle uitspruit, verkondig Ek hulle aan Jou.”
10 Sing tot יהוה ’n nuwe lied en besing Sy lof vanaf die eindes van die aarde af; julle wat afgaan na die see en alles wat daarin is; julle eilande en die wat daarop woon!
11 Laat die wildernis en sy stede uitroep, die dorpe waar Kedar bly! Laat die inwoners van Selah hardop sing, laat hulle uitroep van vreugde vanaf die top van die berge!
12 Laat hulle aan יהוה lof, eer en aanbidding gee en Sy lofprysing in die kuslande verkondig!
13 יהוה sal uittrek soos ’n magtige man; Hy sal ywer opwek soos ’n krygsman. Hy sal ’n kreet uiter, ja, ’n strydkreet. Hy sal teen Sy vyande standhou.