8 Bring die volk wat blind is uit alhoewel hulle oë het en die dowes alhoewel hulle ore het.
9 Al die nasies het saam vergader sodat die volke vergader kan wees. Wie tussen hulle kan hierdie verkondig en aan ons die vorige dinge bekendmaak? Laat hulle hul getuies bring sodat hulle onskuldig verklaar kan word; of laat hulle hoor en sê: ‘Dit is die waarheid!’
10 Júlle is My getuies,” verklaar יהוה, “My diensknegte wat Ek gekies het sodat julle kan weet en My kan vertrou en kan verstaan dat dit Ek is. Voor My is geen god gevorm nie en daar sal geen ná My wees nie.
11 Ek, Ek is יהוה en daar is geen Verlosser buiten My nie.
12 Dit is Ék wat verkondig, gered en aangekondig het en daar was geen vreemde god onder julle nie; julle is My getuies,” verklaar יהוה, “en Ek is God.
13 Selfs van ewigheid af is Ek Hy en daar is niemand wat kan red uit My Hand nie; Ek tree op en wie kan dit omkeer?”
14 So sê יהוה, jou Loskoper, die Afgesonderde van Yisra’el: “Om julle ontwil het Ek na Bavel gestuur en sal hulle almal, die Kasdeërs, as vlugtelinge laat afkom in die skepe waarop hulle hul beroem.