1 maar luister nou, Ya’akov, My dienskneg en Yisra’el wat Ek gekies het!”
2 So sê יהוה, wat jou gemaak en jou gevorm het van die baarmoeder af, wat jou sal help: “Moenie vrees nie, Ya’akov, My dienskneg en Yeshurun wat Ek gekies het,Yog 7:37,38
3 want Ek sal water op ’n uitgedroogde land uitgooi en strome op die droë grond; Ek sal My Gees op jou nageslag uitgiet en My seën op jou nakomelinge
4 en hulle sal opspring tussen die gras soos populiere by waterstrome.’
5 Die een sal sê: ‘Ek behoort aan יהוה’ en die ander sal die naam van Ya’akov aanroep en die ander sal met sy hand skryf: ‘Ek behoort aan יהוה’ en sal die naam van Yisra’el eer.”Open 1:17; Open 2:8; Open 22:13