14 Hy kap seders vir homself en vat ’n sipres of ’n eikeboom en laat dit vir hom opgroei tussen die bome van die woud. Hy plant ’n denneboom en die reën laat dit groei.
15 Dan word dit vir die mens iets om te brand en hy vat een daarvan en maak hom warm; hy maak ook ’n vuur om brood te bak. Hy maak ook ’n god en aanbid dit; hy maak ’n gesnede beeld daarvan en val voor dit neer.
16 Die helfte daarvan brand hy in die vuur en op sy kole braai hy vleis, eet en word versadig. Hy maak homself ook warm en sê: ‘A, ek is warm, ek het die vuur gesien!’
17 Die res daarvan, maak hy egter in ’n god, sy gesnede beeld; hy val voor dit neer en aanbid dit; hy bid ook tot dit en sê: ‘Bevry my, want u is my god!’
18 Hulle weet nie en verstaan nie, want Hy het hulle oë toegesmeer sodat hulle nie kan sien nie en hulle harte sodat hulle nie kan begryp nie.
19 Niemand onthou nie en daar is geen kennis of insig om te sê nie: ‘Ek het die helfte daarvan verbrand in die vuur en ook brood gebak op sy kole; ek het vleis gebraai en geëet; dan maak ek die res daarvan in ’n gruwel, ek val neer voor ’n stuk hout!’
20 Hy word gevoed uit as, ’n misleide verstand, wil en emosie het hom laat wegdraai en hy kan homself nie red, of sê nie: ‘Is daar nie ’n leuen in my regterhand nie?’