1 Bel het neergebuig, N’vo buig krom; hulle afgode is as vrag op die beeste gelaai. Die dinge wat julle dra, is swaar, ’n vrag vir die vermoeide diere.
2 Hulle buig krom, hulle het saam neergebuig; hulle kon die vrag nie red nie, maar het self in gevangeskap gegaan.
3 Luister na My, o huis van Ya’akov en almal wat oorgebly het van die huis van Yisra’el, julle wat deur My gedra is van die baarmoeder af, versorg van geboorte af;
4 selfs tot jou oudag is Ék dieselfde, tot jou grys jare sal Ek jou dra; Ék het dit gedoen en Ék sal jou dra en Ék sal jou red.