2 Vat die maalsteen en maal meel; verwyder jou sluier, trek uit die romp, ontbloot die been, trek deur die riviere!
3 Jou naaktheid sal ontbloot word, jou skande sal ook ontbloot word! Ek sal wraak neem en geen mens spaar nie.”
4 Ons Verlosser, Sy Naam (Karakter en Outoriteit) is יהוה-Tzva’ot, is die Afgesonderde Een van Yisra’el.
5 “Sit stil en gaan in duisternis in, dogter van die Kasdeërs, want jy sal nie langer die koningin van die koninkryke genoem word nie.
6 Ek was kwaad vir My volk, Ek het My erfenis onteer en hulle in jou hand oorgegee: jy het hulle geen omgee bewys nie, op die oues het jy jou juk baie swaar gemaak.
7 Tog het jy gesê: ‘Ek sal ’n koningin wees vir altyd;’ jy het hierdie dinge nie in ag geneem of aan die einde daarvan gedink nie.
8 Hoor nou dit, sensuele een, wat so veilig bly, wat in jou hart sê: ‘Ek is en daar is niemand anders nie! Ek sal nie as weduwee sit of verlies van kinders ken nie.’