4 Ons Verlosser, Sy Naam (Karakter en Outoriteit) is יהוה-Tzva’ot, is die Afgesonderde Een van Yisra’el.
5 “Sit stil en gaan in duisternis in, dogter van die Kasdeërs, want jy sal nie langer die koningin van die koninkryke genoem word nie.
6 Ek was kwaad vir My volk, Ek het My erfenis onteer en hulle in jou hand oorgegee: jy het hulle geen omgee bewys nie, op die oues het jy jou juk baie swaar gemaak.
7 Tog het jy gesê: ‘Ek sal ’n koningin wees vir altyd;’ jy het hierdie dinge nie in ag geneem of aan die einde daarvan gedink nie.
8 Hoor nou dit, sensuele een, wat so veilig bly, wat in jou hart sê: ‘Ek is en daar is niemand anders nie! Ek sal nie as weduwee sit of verlies van kinders ken nie.’
9 Hierdie twee dinge sal egter skielik, op een dag, oor jou kom: verlies van kinders en weduweeskap; in volle maat sal hulle oor jou kom, ondanks jou baie towerye, ondanks die groot krag van jou besweringe.
10 Jy het veilig gevoel in jou boosheid en gesê: ‘Niemand sien my nie!’ Jou wysheid en jou kennis het jou mislei, want jy het in jou gedagtes gesê: ‘Ek is en daar is niemand anders nie!’