13 Sekerlik het My hand die aarde begin en My regterhand die hemele uitgesprei; wanneer Ek na hulle roep, staan hulle saam.”
14 Kom bymekaar, julle almal en luister! Wie onder julle het hierdie dinge verkondig? יהוה het hom lief; Hy sal Sy goeie plesier oor Bavel uitvoer en Sy arm sal teen die Kasdeërs wees.
15 “Ek, Ek het gepraat; inderdaad het Ek hom geroep, Ek het hom gebring en Ek sal sy paaie suksesvol maak.
16 Kom nader na My toe, hoor hierdie: Ek het van die begin af nie in die geheim gepraat nie; vanaf die tyd dat dit gebeur het, was Ek daar!” Nou het die Meester יהוה en Sy Gees my gestuur.
17 So sê יהוה, jou Verlosser, die Afgesonderde Een van Yisra’el: “Ek is יהוה, jou God, wat jou leer om uit te styg, wat jou lei op die pad wat jy moet gaan.
18 As jy maar net na My opdragte geluister het, dan sou jou vrede wees soos ’n rivier en jou onpartydige opregtheid soos die golwe van die see.
19 Jou nakomelinge sou wees soos die sand en jou nageslag soos sy korrels; hulle naam sou nooit afgesny of vernietig word van My Teenwoordigheid nie!