19 Jou nakomelinge sou wees soos die sand en jou nageslag soos sy korrels; hulle naam sou nooit afgesny of vernietig word van My Teenwoordigheid nie!
20 Gaan weg van Bavel! Vlug weg van die Kasdeërs! Verklaar met die klank van vreugdevolle krete, verkondig dit, stuur dit uit na die eindes van die aarde!” Sê: “יהוה het Sy kneg Ya’akov losgekoop.”
21 Hulle het nie dors gehad toe Hy hulle deur die woestyne gelei het nie. Hy het water uit die rots vir hulle laat vloei; Hy het die rots oopgekloof en die water het uitgevloei.
22 “Daar is geen vrede vir die bose oortreder nie,” sê יהוה.