4 Omdat Ek weet dat jy halsstarrig en jou nek ’n ystersening is en jou voorkop koper;
5 daarom het Ek hulle lank tevore aan jou verkondig; voordat dit gebeur het, het Ek dit aan jou verkondig sodat jy nie sou sê: ‘My afgod het dit gedoen en my gesnede beeld en my gegote beeld het dit beveel nie.’
6 Jy het gehoor; kyk na dit alles! Sal júlle dit nie verkondig nie? Van nou af aan verkondig Ek aan julle nuwe dinge, geheime dinge wat jy nie geweet het nie.
7 Hulle is nou geskep en nie lank terug nie en voor vandag het jy hulle nie gehoor nie sodat jy nie kan sê: ‘Let op, ek het dit geken,’ nie
8 Jy het dit nie gehoor nie, jy het dit nie geken nie. Selfs van lank gelede is jou oor nie oopgemaak nie, want Ek het geweet dat jy baie verraderlik sal optree en dat jy van geboorte af ’n rebel genoem is.
9 Om My Naam (Karakter en Outoriteit) ontwil vertraag Ek My toorn en terwille van My lofprysing sal Ek jou behou en jou nie vernietig nie.
10 Let op, Ek het jou gesuiwer, maar nie soos silwer nie; Ek het jou getoets in die hoogoond van ellende.