6 Jy het gehoor; kyk na dit alles! Sal júlle dit nie verkondig nie? Van nou af aan verkondig Ek aan julle nuwe dinge, geheime dinge wat jy nie geweet het nie.
7 Hulle is nou geskep en nie lank terug nie en voor vandag het jy hulle nie gehoor nie sodat jy nie kan sê: ‘Let op, ek het dit geken,’ nie
8 Jy het dit nie gehoor nie, jy het dit nie geken nie. Selfs van lank gelede is jou oor nie oopgemaak nie, want Ek het geweet dat jy baie verraderlik sal optree en dat jy van geboorte af ’n rebel genoem is.
9 Om My Naam (Karakter en Outoriteit) ontwil vertraag Ek My toorn en terwille van My lofprysing sal Ek jou behou en jou nie vernietig nie.
10 Let op, Ek het jou gesuiwer, maar nie soos silwer nie; Ek het jou getoets in die hoogoond van ellende.
11 Om My ontwil, om My ontwil sal Ek dit doen sodat My Naam nie onteer sal word nie en Ek My lof, eer en aanbidding nie aan ’n ander sal gee nie.Yes 41:4; Yes 44:6; Open 1:17; Open 2:8; Open 22:13
12 Luister na My, o Ya’akov, Yisra’el wat Ek geroep het; Ek is Hy; Ek is die Eerste, Ek is ook die Laaste.Gen 1:1