8 Jy het dit nie gehoor nie, jy het dit nie geken nie. Selfs van lank gelede is jou oor nie oopgemaak nie, want Ek het geweet dat jy baie verraderlik sal optree en dat jy van geboorte af ’n rebel genoem is.
9 Om My Naam (Karakter en Outoriteit) ontwil vertraag Ek My toorn en terwille van My lofprysing sal Ek jou behou en jou nie vernietig nie.
10 Let op, Ek het jou gesuiwer, maar nie soos silwer nie; Ek het jou getoets in die hoogoond van ellende.
11 Om My ontwil, om My ontwil sal Ek dit doen sodat My Naam nie onteer sal word nie en Ek My lof, eer en aanbidding nie aan ’n ander sal gee nie.Yes 41:4; Yes 44:6; Open 1:17; Open 2:8; Open 22:13
12 Luister na My, o Ya’akov, Yisra’el wat Ek geroep het; Ek is Hy; Ek is die Eerste, Ek is ook die Laaste.Gen 1:1
13 Sekerlik het My hand die aarde begin en My regterhand die hemele uitgesprei; wanneer Ek na hulle roep, staan hulle saam.”
14 Kom bymekaar, julle almal en luister! Wie onder julle het hierdie dinge verkondig? יהוה het hom lief; Hy sal Sy goeie plesier oor Bavel uitvoer en Sy arm sal teen die Kasdeërs wees.