11 Ek sal al My berge verander in grootpaaie en My grootpaaie sal opgelig wees.
12 Let op, hierdie kom van ver en let op, hulle sal van die noorde en van die weste af kom en hierdie vanaf die kus van die land van die Siniete.
13 Roep uit van vreugde, o hemele en swaai in die rondte van vreugde, o aarde! Berge breek uit in vreugdevolle krete, want יהוה het Sy volk getroos en sal omgee vir Sy geteisterdes.
14 Tziyon het egter gesê: “יהוה het my in die steek gelaat en יהוה het my vergeet!”Deut 4:31; 1 Kro 28:20; Y'hu 1:5; Heb 13:5
15 “Kan ’n vrou haar suigeling vergeet en nie omgee vir die seun van haar baarmoeder nie? Selfs hulle kan vergeet, maar Ék sal jou nie vergeet nie!
16 Let op, Ek het jou op My handpalms graveer; jou mure is gedurig voor My.
17 Jou bouers maak gou; jou vernietigers en verwoesters sal van jou af weggaan.