13 Roep uit van vreugde, o hemele en swaai in die rondte van vreugde, o aarde! Berge breek uit in vreugdevolle krete, want יהוה het Sy volk getroos en sal omgee vir Sy geteisterdes.
14 Tziyon het egter gesê: “יהוה het my in die steek gelaat en יהוה het my vergeet!”Deut 4:31; 1 Kro 28:20; Y'hu 1:5; Heb 13:5
15 “Kan ’n vrou haar suigeling vergeet en nie omgee vir die seun van haar baarmoeder nie? Selfs hulle kan vergeet, maar Ék sal jou nie vergeet nie!
16 Let op, Ek het jou op My handpalms graveer; jou mure is gedurig voor My.
17 Jou bouers maak gou; jou vernietigers en verwoesters sal van jou af weggaan.
18 Lig jou oë op en kyk rondom; hulle almal vergader bymekaar, hulle kom na jou toe! So waar as Ek leef,” verklaar יהוה, “jy sal hulle sekerlik almal aansit soos juwele en hulle ombind soos ’n bruid,
19 want jou puinhope en verlate plekke en jou verwoeste land sal sekerlik nou te klein wees vir die inwoners en die wat jou verslind het, is ver weg!