16 Let op, Ek het jou op My handpalms graveer; jou mure is gedurig voor My.
17 Jou bouers maak gou; jou vernietigers en verwoesters sal van jou af weggaan.
18 Lig jou oë op en kyk rondom; hulle almal vergader bymekaar, hulle kom na jou toe! So waar as Ek leef,” verklaar יהוה, “jy sal hulle sekerlik almal aansit soos juwele en hulle ombind soos ’n bruid,
19 want jou puinhope en verlate plekke en jou verwoeste land sal sekerlik nou te klein wees vir die inwoners en die wat jou verslind het, is ver weg!
20 Die kinders waarvan jy beroof is, sal nog in jou ore sê: ‘Die plek is te klein vir my; maak vir my plek sodat ek hier kan bly!’
21 Dan sal jy in jou binneste sê: ‘Wie het aan hierdie kinders geboorte gegee vir my, aangesien ek van my kinders ontneem is en ek onvrugbaar is, ’n banneling wat ronddwaal? Wie het hulle grootgemaak? Let op, ek is alleen agtergelaat; waar het hulle vandaan gekom?’”
22 So sê יהוה-God: “Let op, Ek sal My hand oplig na die nasies en My banier oprig na die volke en hulle sal julle seuns in die arms bring en jou dogters sal op die skouer gedra word.