10 want tien morg wingerd sal een bat oplewer en ’n homer saad sal ’n efa graan lewer.”
11 Wee hulle wat vroeg in die oggend opstaan om sterk drank na te jaag, wat in die nag láát opbly sodat wyn hulle kan opwarm.
12 Hulle fees-etes is met lier en harp, tamboeryn, fluit en wyn, maar hulle gee nie aandag aan die dade van יהוה nie en die werk van Sy hande oorweeg hulle nie;
13 daarom gaan My volk in ballingskap weens hulle gebrek aan kennis, hulle eerbares ly honger en hulle menigte droog uit van die dors.
14 Sh’ol het daarom sy keel vergroot en sy mond oopgemaak sonder maat en Yerushalayim se prag, haar menigte, haar luidrugtigheid en die uitgelatenes, sink daarin weg.
15 So word die gewone man nederig gemaak en die belangrike man verneder, die oë van die trotse mense sal ook verneder word,
16 maar יהוה-Tzva’ot sal opgelig word in oordeel en die Afgesonderde God sal Homself Afgesonderd wys in onpartydige opregtheid.