3 Ek trek die hemele aan met duisternis en bedek dit met ’n roukleed.
4 יהוה-God het vir my die tong van ’n geleerde gegee sodat ek kan weet hoe om die vermoeide te verkwik met ’n woord; Hy maak my in die oggend wakker, Hy maak my oor wakker om die leringe te hoor.
5 יהוה-God het my oor oopgemaak en ek was nie ongehoorsaam of het teruggedraai nie.Luk 6:29
6 Ek het my rug gegee vir die wat slaan en my wange vir die wat die baard uitpluk; ek het nie my gesig toegemaak vir vernedering en gespoeg nie,
7 want יהוה-God help my; daarom word ek nie onteer nie; daarom het ek my gesig soos ’n vuursteen gemaak en ek weet dat ek nie beskaamd sal staan nie.
8 Hy wat my verdedig is naby; wie sal teen my staan? Laat ons teen mekaar opstaan! Wie het ’n saak teen my? Laat hom naderkom na my toe!
9 Let op, יהוה-God help my; wie is dit wat my veroordeel? Let op, hulle sal almal verslyt soos ’n kledingstuk; die mot sal hulle eet.