19 Hierdie twee dinge het jou oorgekom; die verwoesting en vernietiging, hongersnood en swaard; wie sal oor jou treur? Hoe sal ek jou troos?
20 Jou kinders het flou geval, hulle lê by die ingang van elke straat, soos ’n bok in ’n net, vol van die toorn van יהוה, die bestraffing van jou God;
21 daarom, hoor asseblief hierdie, geteisterde, wat dronk is, maar nie van wyn nie!
22 So sê jou Meester, יהוה, jou God, wat vir Sy volk stry: “Let op, Ek het die beker van wankeling uit jou hand gevat, die kelk van My woede; jy sal dit nooit weer drink nie.
23 Ek sal dit in die hand van jou folteraars sit, wat vir jou gesê het: ‘Lê sodat ons oor jou kan loop.’ Jy het jou rug soos die grond gemaak en soos die straat vir die wat daaroor loop.”