8 want die mot sal hulle opeet soos ’n kleed en die wurm sal hulle eet soos wol, maar My onpartydige opregtheid sal vir ewig wees en My verlossing vir alle geslagte.”Yes 27:1; Ps 74:14
9 Ontwaak, ontwaak, beklee jou met sterkte, arm van יהוה! Ontwaak soos in die ou dae, in die geslagte van lank gelede. Is dit nie U wat ‘n ernstige straf aangekondig en die seemonster deurboor het nie?Yes 43:16 vir die vrygekooptes om oor te gaan nie?
10 Is dit nie U wat die see, die waters van die dieptes drooggemaak het nie, wat van die dieptes van die see ’n pad gemaak het
11 So sal die vrygekooptes van יהוה teruggaan en met vreugdevolle krete na Tziyon kom en ewige vreugde sal op hulle kop wees. Hulle sal vreugde en blydskap verkry en droefheid en gesug sal wegvlug.
12 Ek, ja Ek is Hy wat julle troos! Wie is jy dat jy bang is vir die mens wat sterf en vir die seun van ’n mens wat soos gras gemaak isLev 26:36
13 sodat jy יהוה wat jou gemaak het vergeet, wat die hemel uitgesprei en die fondasies van die aarde gelê het; dat jy voortdurend, die hele dag vrees as gevolg van die woede van die onderdrukker, soos hy gereedmaak om te vernietig? Waar is die woede van die onderdrukker?
14 Die banneling sal gou losgelaat word en sal nie in die kerker sterf of sy brood ontbreek nie,Mat 8:26; Mar 4:39; Luk 8:24