10 יהוה het Sy afgesonderde arm ontbloot voor die oë van al die nasies sodat al die eindes van die aarde die verlossing van ons God kan sien.2 Kor 6:14-18 reinig julleself, draers van die voorwerpe van יהוה!
11 Vertrek, vertrek, gaan daaruit weg, raak aan geen onrein ding nie; gaan uit haar midde uit,
12 Julle moet egter nie in haas uitgaan of as vlugtelinge nie, want יהוה sal voor julle uitgaan en die God van Yisra’el is julle agterhoede.
13 Let op, My Dienskneg sal voorspoedig wees, Hy sal hoog en opgelig wees, grootliks verhewe.
14 Net soos baie hulle oor jou verstom het, so is Sy voorkoms meer ontsier as enige mens en Sy voorkoms meer as die seuns van die mens.Yes 64:3,4; Rom 15:21; 1 Kor 2:9; 1 Kor 15:3,4
15 So sal Hy baie nasies reinig, konings sal hulle mond toehou as gevolg van Hom, want wat nie aan hulle vertel is nie, sal hulle sien en wat hulle nie gehoor het nie, sal hulle verstaan.Yog 12:38; Rom 10:16