2 Hy het voor Hom opgegroei soos ’n jong loot en soos ’n wortel uit verskroeide grond. Hy het geen gestalte of majesteit gehad dat ons na Hom sou kyk nie en ook geen voorkoms sodat ons tot Hom aangetrokke sou wees nie.
3 Hy is verag en deur die mense in die steek gelaat, ’n Man van smarte en bekend met droefheid en is verag soos een vir wie mense hulle gesig wegsteek en ons het Hom nie geag nie.Mat 8:17
4 Sekerlik het Hy óns siektes en óns benoudhede gedra; tog het óns Hom beskou as een wat aangetas is, deur God geslaan en onderdruk,Rom 4:25; 1 Kor 15:3; 1 Kef 2:24
5 maar Hy is deurboor vir ons oortredinge van die wet, Hy is vergruis vir ons onregverdighede; die tugtiging was op Hom sodat dit goed kan gaan met ons en deur Sy kastyding is ons genees.
6 Ons almal het afgedwaal soos skape, ons het elkeen na sy eie pad gedraai, maar יהוה het die onregverdigheid van ons almal op Hom laat val.Mat 26:63; Mat 27:12,14; Open 5:6
7 Hy was onderdruk en geteister, tog het Hy nie Sy mond oopgemaak nie; soos ’n lam wat na die slagting gelei word en soos ’n skaap wat stil is voor sy skeerders, so het Hy nie Sy mond oopgemaak nie.Hand 8:33
8 Hy is uit die tronk en die oordeel weggevat en wie kan Sy angs beskryf? Hy is afgesny uit die land van die lewendes, vir die wetsoortreding van My volk, vir wie die straf was.1 Kor 15:3,4 alhoewel Hy geen geweld gepleeg het nie; tog was Hy by ’n ryk man in Sy dood;1 Kef 2:22; 1 Yog 3:5 ook was daar geen bedrog in Sy mond nie,