4 Sekerlik het Hy óns siektes en óns benoudhede gedra; tog het óns Hom beskou as een wat aangetas is, deur God geslaan en onderdruk,Rom 4:25; 1 Kor 15:3; 1 Kef 2:24
5 maar Hy is deurboor vir ons oortredinge van die wet, Hy is vergruis vir ons onregverdighede; die tugtiging was op Hom sodat dit goed kan gaan met ons en deur Sy kastyding is ons genees.
6 Ons almal het afgedwaal soos skape, ons het elkeen na sy eie pad gedraai, maar יהוה het die onregverdigheid van ons almal op Hom laat val.Mat 26:63; Mat 27:12,14; Open 5:6
7 Hy was onderdruk en geteister, tog het Hy nie Sy mond oopgemaak nie; soos ’n lam wat na die slagting gelei word en soos ’n skaap wat stil is voor sy skeerders, so het Hy nie Sy mond oopgemaak nie.Hand 8:33
8 Hy is uit die tronk en die oordeel weggevat en wie kan Sy angs beskryf? Hy is afgesny uit die land van die lewendes, vir die wetsoortreding van My volk, vir wie die straf was.1 Kor 15:3,4 alhoewel Hy geen geweld gepleeg het nie; tog was Hy by ’n ryk man in Sy dood;1 Kef 2:22; 1 Yog 3:5 ook was daar geen bedrog in Sy mond nie,
9 Sy graf is toegeken by wetsoortreders,
10 maar dit het יהוה behaag om Hom te vergruis, Hom te laat ly; Hy het Homself as ’n Oortredingsoffer gemaak sodat ewigheid dit sal sien; Hy sal Sy dae verleng en die goeie wil van יהוה sal deur Sy hand voorspoedig wees.Heb 2:10