2 “Maak die plek van jou tent groter; rek die afskortings van jou blyplek uit, wees nie spaarsamig nie; maak jou lyne lank en versterk jou penne,
3 want jy sal na regs en na links uitbrei en jou nageslag sal nasies besit en verwoeste stede herbevolk.
4 Moenie vrees nie, want jy sal nie beskaamd staan nie en moenie vernederd voel nie, want jy sal nie onteer word nie, maar jy sal die skande van jou jeug vergeet en die smaad van jou weduweeskap nie meer onthou nie,
5 want jou Maker is jou Man; יהוה-Tzva’ot is Sy Naam (Karakter en Outoriteit) en die Afgesonderde Een van Yisra’el is jou Loskoper, wat die God van die hele aarde genoem word,
6 want soos ’n verlate vrou en ’n bedroefde van gees het יהוה jou geroep; as ’n vrou wat van haar jeugtyd af verwerp is,” sê jou God.
7 “Vir ’n kort oomblik het Ek jou verlaat, maar met groot omgee sal Ek jou bymekaarmaak.
8 In ’n uitbarsting van toorn het Ek vir ’n oomblik My gesig vir jou verberg, maar met ewige liefdevolle goedheid sal Ek vir jou omgee,” sê יהוה, jou Loskoper.Gen 9:11 so het Ek gesweer dat Ek nie vir jou kwaad sal wees of jou sal bestraf nie,