10 want soos die reën en die sneeu van die hemel afkom en nie daarheen terugkeer sonder om die aarde nat te maak en dit te laat voortbring en uitspruit en saad gee aan die saaier en brood aan die eter, nie,
11 so sal My woord wees wat uit My mond uitgaan; dit sal nie leeg na My toe terugkom, sonder om te bereik wat Ek begeer en sonder om voorspoedig te wees in dit waarvoor Ek dit stuur, nie,
12 want julle sal met vreugde uitgaan en met vrede gelei word; die berge en heuwels sal uitbreek in uitroepe van vreugde voor julle en al die bome van die veld sal hande klap.
13 In plaas van ’n doringboom sal ’n sipres opkom en in plaas van ’n netel sal ’n mirteboom opkom en dit sal ’n herdenking wees tot יהוה, as ’n ewige teken wat nie afgesny sal word nie.”