3 Draai julle oor en kom na My toe, luister en doen sodat julle kan lewe en Ek sal ’n ewige verbond met julle sluit,
4 Let op, Ek het hom ’n getuie tot die volke gemaak, ’n leier en bevelvoerder vir die volke.
5 Let op, jy sal ’n nasie roep wat jy nie ken nie en ’n nasie wat jou nie ken nie, sal na jou toe hardloop, ter wille van יהוה, jou God, die Afgesonderde Een van Yisra’el omdat Hy jou lof en eer gegee het.
6 Soek יהוה terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is.
7 Laat die wettelose sy pad verlaat en die onopregte en partydige sy gedagtes en laat hom terugdraai na יהוה en Hy sal vir hom omgee; na ons God, want Hy sal oorvloedig vryspreek,
8 want My gedagtes is nie julle gedagtes nie en julle manier is nie My manier nie,” verklaar יהוה,
9 want soos die hemel hoër is as die aarde, so is My metodes hoër as julle metodes en My gedagtes as julle gedagtes,