4 want so sê יהוה: “Aan die gelowiges wat My Shabbatte hou en kies wat My tevrede stel en onveranderlik My verbond vashou,
5 aan hulle sal Ek in My huis en binnekant My mure ’n gedenkteken en ’n naam (karakter en outoriteit) gee wat beter is as seuns en dogters; Ek sal vir hulle ’n ewige naam (karakter en outoriteit) gee wat nie afgesny sal word nie.
6 Ook aan die vreemdelinge wat hulle by יהוה voeg, om Hom te bedien en om die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה lief te hê, om Sy diensknegte te wees, elkeen wat hom weerhou om die Shabbat te onteer en onveranderlik vashou aan My verbond,Mat 21:13; Mar 11:17
7 hulle sal Ek bring na My afgesonderde berg en hulle vol vreugde maak in My huis van gebed. Hulle brandoffers en hulle offers sal aanvaarbaar wees op My altaar, want My huis sal ’n huis van gebed genoem word vir al die volke.”
8 יהוה-God, wat die verstrooides van Yisra’el versamel, verklaar: “Ek sal nog meer versamel, by die versameldes.
9 Al julle wilde diere van die veld, al julle wilde diere in die bos, kom eet!
10 Hulle wagte is blind, hulle weet almal niks nie; hulle is almal stom honde wat nie kan blaf nie; dromers wat lê, wat lief is om te sluimer