7 hulle sal Ek bring na My afgesonderde berg en hulle vol vreugde maak in My huis van gebed. Hulle brandoffers en hulle offers sal aanvaarbaar wees op My altaar, want My huis sal ’n huis van gebed genoem word vir al die volke.”
8 יהוה-God, wat die verstrooides van Yisra’el versamel, verklaar: “Ek sal nog meer versamel, by die versameldes.
9 Al julle wilde diere van die veld, al julle wilde diere in die bos, kom eet!
10 Hulle wagte is blind, hulle weet almal niks nie; hulle is almal stom honde wat nie kan blaf nie; dromers wat lê, wat lief is om te sluimer
11 en die honde is gulsig, hulle is nie tevrede nie en hulle is herders wat nie insig het nie; hulle het almal na hulle eie metodes gedraai, elkeen na sy onregverdige wins, tot die laaste een.”1 Kor 15:32
12 “Kom,” sê hulle, “laat ons wyn gaan haal en laat ons baie sterk drank drink en môre sal wees soos vandag, net meer so!”