1 “Die regverdige kom om en daar is niemand wat dit ter harte neem nie en die toegewydes word weggevat terwyl niemand verstaan nie, want die regverdige word weggevat van die boosheid,
2 hy gaan in vrede in; wie in Sy opregte pad loop, hulle rus in hulle beddens,
3 maar kom hier, julle seuns van ’n towenares, nageslag van ’n owerspeler en ’n prostituut.
4 Teen wie maak julle grappe? Teen wie maak julle jul mond wyd oop en steek julle tong uit? Is julle nie seuns van rebellie, nageslag van misleiding nie,